Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments
Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ’n sny brood! Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie hier en daar ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ’n biblioteekrak in ’n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.
Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie! Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
In jou gedagtes kan jy orals wees, in die hemel sonder om eers dood te gaan, en hop-hoppetie-hop oor die Himalajas ... In jou gedagtes kan jy wees net wat jy wil, en ook alles word. Soos 'n walvis wat kan vlieg. Of 'n rob wat kan lees. In jou gedagtes kan jy doen wat jy glad nie kan doen nie. Jy kan he net wat jy wil, en begryp wat jy nie verstaan nie. En weet dat die tyd net 'n grappie van die son is. In jou gedagtes is 'n atmosferiese prenteboek oor hoe jy in jou gedagtes byna enigiets kan vermag. Jou gedagtes stel jou miskien selfs in staat om te begryp hoe 'n kindjie kan doodgaan, en 'n oupa gebore kan word. "Hierdie boekie het ek geskryf," se Van Veen, "na 'n geselsie met 'n man en 'n vrou wat my vertel het dat hul kindjie dalk nou 'n engeltjie is". 'n Prenteboek oor lewe en dood, geskik vir jonk en oud.
Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-, skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse geïntegreer en ontwikkel progressief. Die leesboeke vir elke graad is in vier vlakke ingedeel, om voorsiening te maak vir lesers met verskillende vlakke van leesvaardigheid. Daar is ook ‘n Onderwysersgids vir elke graad wat al die inligting bevat wat nodig is om die die program vir lees suksesvol te beplan en aan te bied. Die Onderwysersgidse bied ook voorbeelde van werksvelle en assesseringstabelle. Vir Graad 1 en 2 is daar ook ‘n Handleiding vir liedjies en musiek en ‘n Oudio kassetband met musiek en sang beskikbaar, wat albei dien as versterking van die woordeskat en taalstruktuur wat in die storieboeke bekendgestel word, terwyl musiekvaardighede terselfdertyd verwerf word.

You may like...
When Love Kills - The Tragic Tale Of AKA…
Melinda Ferguson
Paperback
|